Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Willem Anker

@ Sunday Times Books LIVE

Willem Anker Latest

Samsa-masjien

Samsa-masjienWillem Anker se bekroonde drama, Samsa-masjien, het vanjaar by Protea Boekhuis verskyn.

Samsa-masjien tree in gesprek met Franz Kafka se Die Verwandlung. Dit vertel die storie van die insekwording van Gregor Samsa, in sy sewentigs, ’n afgetrede biologie-onderwyser, skoolhoof en ook klavierstemmer in sy jongdae. Hy ly aan dementia en as gevolg daarvan bly hy en Josephine by hul dogter Grete en haar man Tjaart in hul luukse, moderne huis in ’n woonbuurt soos Sandton.

Soos die Gregor van die Kafka-verhaal, ondervind Gregor ’n stelselmatige insekwording, wat deur die sielkundiges, psigiaters en dokters toegeskryf word aan die ouditiewe en taktiele hallusinasies van dementia-lyers. Gregor sien oral insekte, voel hulle loop op hom en voel homself uiteindelik ’n insek word. Stelselmatig beweeg die ouerpaar uit die huis uit na die kelder waar hulle ’n geraasmasjien (soos dié van die Futuriste) begin bou uit skroot en rommel.

Klank en musiek is sentraal tot die stuk en dien as deurlopende metafoor en is daarom as ’n CD ingesluit in die publikasie. Die komponis Pierre-Henri Wicomb was verantwoordelik vir die klankbaan.

“Gisteraand die briljante Samsa-masjien in die Baxter meegemaak. Stel troues en begranisse af om hierna te gaan kyk. Al moet jy met trein of vliegtuig hierheen kom, doen dit.” – Murray La Vita

EAN: 9781485302568
Koop nou