Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Willem Anker

@ Sunday Times Books LIVE

About Willem Anker

Willem Anker is op 3 Februarie 1979 op Citrusdal gebore. Hy matrikuleer in 1996 aan Hugenote Hoërskool op Wellington. Hy het al gewerk as kroegman, wewer, sekuriteitswag en vir twee dae by ’n verhuisingsbesigheid, maar tans doseer hy kreatiewe skryfkunde aan die Universiteit van Stellenbosch.

Hy het in 2007 sy D.Litt aan dieselfde universiteit behaal. In 2004 skryf hy die teks vir die ruimtelike teaterstuk Skroothonde wat by Aardklop die Aartvarkprys vir innoverende werk wen. In 2006 skryf hy saam met Tertius Kapp die teks vir Sielsiek, ook ‘n ruimtelike teaterproduksie, wat by Aardklop opgevoer word. Sy dramateks Slaghuis wen in 2006 die Sanlamprys vir Afrikaanse teater. Hierdie teks word in 2007 gepubliseer.

Siegfried, wat in 2007 by Kwela gepubliseer word, is sy eerste roman. Sy drama Skrapnel was die ontvanger van die 2009 Anglo Gold Ashanti / Aardklop Smeltkroesprys (teks), die 2009 Beeld Plus Aartvarkprys (regie en ontwerp) en die 2010 ATKV Woordveertjie-toekenning vir dramatekste. Anker se jongste boek, Buys – ’n Grensroman, het in 2014 by Kwela Boeke verskyn.

 

Recent comments:

  • <a href="http://www.sapartridge.co.za" rel="nofollow">Sally</a>
    Sally
    July 24th, 2008 @13:16 #
     
    Top

    Yay! Welcome Willem

    Bottom

Please register or log in to comment

» View comments as a forum thread and add tags in BOOK Chat